Hencor Bonsmaras

Welkom by die webtuiste van Hencor Bonsmaras

Die tuiste van Hencor Bonsmaras van Hentie en Coreen van Eck is op die plase Kalkfontein en Moedersgift in die Dewetsdorp distrik, Suid-Oos Vrystaat. Weiding is hoofsaaklik rooigras en ons grootste uitdagings is waarkynlik die ysig koue winters en reën wat dikwels laat in die somer begin. Dit is egter dankbare wêreld en die veld herstel baie vinnig met goeie reëns. 

Ons kudde beskik oor genetika uit 'n verskeidenheid kuddes onder andere Norton Thompson (Glenn Glyde), Robert Taute (Welstood), Herman Groenewald (BOK), Burkhard Hermann (Fortress), Hans van Rooyen (Umpukane), Viljee Crous (DIV), Johan Myburgh (Kingsheath), Arthur de Villiers (Arcadia), Frikkie Kruger (Waterpaslaagte), Gerrit van Zyl (Hanzyl), wyle Glynn Handley, wyle Kit Thompson (Rutland), Frans van der Berg (Op-die-Aarde), Paul Maree en Eugene Heyns (Tienfontein). 

Hencor Bonsmara Gallery